Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Glansryke wyntoerisme-wedstryd

Glansryke wyntoerisme-wedstryd
 
2006-08-24


WYNTOERISME in die Kaap gaan in die kalklig staan tydens die Great Wine Capitals Global Network Awards wat ‘n reeks wyntoerisme-kategorieë dek.

Dié uiters gesogte toekennings is ingestel ter aanmoediging van hoër standaarde en vernuwing in wyntoerisme in agt streke die wêreld oor wat reeds vir hul bydrae tot wynuitnemendheid en wynkultuur erken word: Bilboa-Rioja, Bordeaux, Kaapstad, Florence, Melbourne, Mendoza, Porto en San Francisco-Napa Valley.

Kaapstad is sedert 2003 ‘n lid van die netwerk, en maak gereed om nou vir die die vierde keer deel te neem. Inskrywings sluit einde Augustus.

Die plaaslike wenners word in Oktober aangekondig en die internasionale wenners op 16 November by ‘n glansgeleentheid in Mendoza, Argentinië.

Die kompetisie, wat sonder winsbejag bedryf word, geniet die volle steun van Suid-Afrika se wynbedryf en plaaslike owerhede. Besoek winenews.co.za of skakel Wosa 883-3860.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za