Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike kelders skitter

Plaaslike kelders skitter
 
2006-08-24


TWEE wynkelders van die Drakenstein-gebied het weereens vanjaar die naam van dié streek hoog gehou by die SA Jongwynskou.

Die plaaslike wynreus, Boland Kelder, het die louere ingepalm vir die kampioen Chenin Blanc, terwyl Wellington Wynkelder weggeloop het met die trofee vir die beste Chardonnay.

Dit is weereens ’n bewys dat dié gebied nie net bekend staan vir sy Shiraz nie, maar ook vir uitmuntende witwyne.

Die Breedekloof wynmakerye, net anderkant Dutoitskloof, het vanjaar uitgeblink en het talle toekennings opgeraap.

Badsberg Kelder het koning gekraai as die wenner van die Pietman Hugo-trofee vir die meeste punte met vyf inskrywings.

Hulle het ook weggestap met die SA Kampioenskapstrofeë vir hul wit versnitwyn (Chardonnay/Che- nin Blanc) en natuurlike soet witwyn en muskadel (Rooi Muskadel en Jerepigo).

Groot Eiland, ook in die Breedekloof, se Merlot/Ruby Cabernet versnitwyn is as die 2006 SA Kampioen Jongwyn aangewys, en het sodoende die gesogte Generaal Smuts-trofee gewen.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za