Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland o.21's begin seisoen goed

Boland o.21's begin seisoen goed
 
2006-08-24


DIE o.21 rugbyspan van die Boland het Saterdag sy seisoen goed afgeskop toe hy die Oostelike Provinsie in Oos-Londen met 51-8 vernietig het.

Drie van die 8 drieë is deur spelers van Wellington gedruk. Tiaan Kunneke en Gerhard Gerber (albei van Wellington Rugbyklub) en Otto Luck van Caput het agter die doellyn gaan kuier, met Luck wat ook met ’n strafdoel en drie doelskoppe geslaag het vir ’n puntetotaal van 14 vir die wedstryd.

Saldanha se Riedewaan de Bruyn (linkervleuel), het twee keer gaan druk.

Die wedstryd was gekenmerk deur rotsvaste verdediging en klipharde werk deur die voorspelers. ren

Die jong Boland-span speel met groot toewyding en is oorgehaal om die seisoen goed te doen. Dit sal omtrent ’n bul-span vat om hulle te keer.

Die Boland o.21-span speel Saterdag om 15:00 teen die Valke by die Vredenburg Rugbyklub.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za