Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones vou, Violets glimlag

Riverstones vou, Violets glimlag
 
2006-08-24


’n STRAFDRIE in beseringstyd het Saterdag vir Riverstones Rugbyklub 20-18 laat sink in hul wedstryd teen Raithby.

Die Paarliete het goed gespeel, maar is gekortwiek deur ’n paar twyfelagtige beslissings deur die skeidsregter.

Riverstones het goeie lynstaanbesit verseker en ook met hul dryfspel die botoon gevoer.

Die Paarliete het drie aanskoulike drieë gedruk.

Die span sal egter hul spelpeil en kombinasie tussen die voor- en agterspel weer op peil moet bring vir die oorblywende wedstryde.

Francois van Neel, Egan Minnaar en Gerswhin Paulse was die driedrukkers. Van Neel het ook met ’n strafskop geslaag.

Die tweede span het 35-17 verloor terwyl die derde span 12-5 gewen het.

Riverstones speel Saterdag tuis teen Richmond Rangers.

* Die manne van Violets Rugbyklub het Saterdag ’n goeie 14-7 sege oor Blue Stars behaal.

Die Paarliete was veral in hul noppies met die sege aangesien hul in die hul vorige kragmeting teen Blue Stars vasgeval het.

Die spel was hard en die tempo vinnig, met Violets wat die oorhand in al die vaste fasette gehad het.

In die lynstane het Jeff Herklaas vir Violets besit verseker, terwyl die nuweling, Branden Anderson, ook gewys het dat hy dit nog ver gaan bring.

Hilton Anderson en Edwardo de Jager het die drieë gedruk, terwyl Timmy Nolan se skopvoet twee moeilike doelskoppe tussendeur die regoppale gestuur het.

Violets II het 20-7 verloor en die derde spanne het 7-7 gelykop geëindig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za