Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike atlete vertoon goed in China

Plaaslike atlete vertoon goed in China
 
2006-08-24


DIE land is vandeesweek aangegryp deur die wêreldrekord wat die Bolandse spiesgooier, Robbert Oosthuizen, die naweek by die IAAF Wêreld Junior Atletiekkampioenskap opgestel het.

Oosthuizen het tydens die byeenkoms in Beijing, China, ’n rekord-afstand van 83,07m behaal en die afstand van sy naaste teenstander met meer as drie meter oortref.

Die afstand is ook ’n nuwe SA en Afrika-rekord.
Oosthuizen het in 2003 ook ’n rekord by die Wêreld Jeug Atletiekkampioenskap verbeter. Hy is egter toe deur ’n Rus geklop en moes met ’n silwermedalje tevrede wees.

Onder die ses Boland-atlete wat in die SA-span opgeneem is, was drie van die Paarl.

Dayne Le Kay, ’n leerder van Hoërskool Labori, het tot die semi-finaal van die 100m deurgedring. Hy moes egter onttrek weens ’n liesbesering wat hom al die hele seisoen pla.

Louw Smit van Paarl Gimnasium het ook tot die semi-finaal van die 110mH deurgedring, danksy ’n seisoen beste tyd van 13,79s.

Die ander Paarliet, Keenan Watson van Hoër Jongenskool Paarl, het na die finaal van die verspring-item deurgedring. Sy afstand van 7,55m was goed genoeg vir sesde plek.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za