Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Noorder-Paarl te sterk vir PJ

Noorder-Paarl te sterk vir PJ
 
2006-08-24


DIE o.19A rugbyspan van Noorder-Paarl het Saterdag die eer van sy skool gered toe hulle vir Paulus Joubert in hul jaarlikse derby-kragmeting, 12-8 geklop het.

Hoewel Paulus Joubert die punte-trofee gewen het, vir sy sukses in die onderskeie sportkodes, het Saterdag aan die manne van Noorder-Paarl behoort.

Die hoofwedstryd was ’n naelbyt-stryd wat die groot getal toeskouers tot op die einde op hul tone gehou het.

Albei spanne het hul kanse met skoppe na die pale toe verbrou.

Teen rustyd het die gunsteling, Paulus Joubert, 7-3 voorgeloop.

Die span van Noorder-Paarl het egter met durf, waagmoed en rotsvaste verdediging die knoop deurgehaak.

Auben Thomas, senter van NP, het die telbord aan die rol gesit met ’n onderskepdrie wat verdoel is deur Donovan Hougaard (losskakel).

Paulus se eerste punte is aangeteken met ’n strafdoel deur hul losskakel, Riaan Solomon.

Paulus se Astley Adams het in die tweede helfte weer in die hoek gaan druk, maar Bradwell Swartz kon nie verdoel nie.

Die regtervleuel, Gueron Kulsen, het Noorder-Paarl van ’n sege verseker toe hy in die laaste kwartier pragtig genael het vir sy drie.

Kulsen is dan ook as die speler van die wedstryd aangewys.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za