Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moller verkoop wynfirma aan DS Sarnia

Moller verkoop wynfirma aan DS Sarnia
 
2005-03-04


DIE firma DS Sarnia het pas aangekondig dat die maatskappy sy belegging in die Suid-Afrikaanse wynbedryf gaan vergroot deur 100% aandeelhouding van Kosie Möller Wines op te neem. Die nuwe wynmaatskappy sal voortaan as Cru Wines bekend staan.

DS Sarnia is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy met 'n hoofsaaklik Engelse aandeelhouer wat reeds etlike jare in die Kaapse wynbedryf investeer.

DS Sarnia besit onder meer die bekroonde Rickety Bridge Winery in Franschhoek, asook die oorspronklike Zonnebloem wingerdplaas tussen Franschhoek en die Paarl.

Benewens Rickety Bridge, sal die handelsmerkePaulina's Reserve, Bushman's Creek, Alphen Hill (van die Alphen hotel in Constantia faam) en Dolphin Bay voortaan deur Cru Wines geproduseer en bemark word.

DS Sarnia het vroeg verlede jaar 60% van die aandele in Kosie Möller Wines opgeneem; terwyl Kosie Möller 'n 40% aandeelhouding behou het. DS Sarnia het gedurende Februarie 100% aandeelhouding van Kosie Möller Wines bekom in 'n poging om hul belange in die wynbedryf te konsolideer.

Na DS Sarnia se totale oorname vandeesmaand van al die aandele, het Kosie Möller as 'n direkteur bedank en is hy nou alleeneienaar van die plaas Kleine Parys in die Paarl.

Volgens Cru Wines se bemarkingsbestuurder, John Taljaard, is al die handelsmerke, veral Rickety Bridge en Bushman's Creek, gevestigde produkte in die plaaslike kleinhandelmark.

"Verkope vind ook plaas in VSA, VK, Europa en die Ooste. Altesaam 70% van Cru Wines se wyne word uitgevoer," sê John.

"Toekennings sluit in die Decanter Goue Toekenning vir Suid-Afrika se Beste Shiraz in 2004 vir die Rickety Bridge Shiraz 2000 en goud vir die Bushman's Creek Chardonnay 2003 op die Concours Mondial de Bruxelles.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za