Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skrum in motor

Skrum in motor
 
2006-08-31


IN Wellington noem hulle hom KleinPiet, maar daar is niks klein aan hom nie, dis net omdat sy pa se naam ook Piet Krynauw is.

Sit nou sy broer Attie (29) by, dan kry jy ’n haker en ’n voorryman van Wellington se eerste rugbyspan, ’n hele 240kg spiere.

Dis daardie einste massa wat Sondagaand op ’n aanvaller losgelaat is toe hy dit durf waag om Pieter (24) in sy motor vas te gryp.

Pieter se motor was voor sy broer se huis op die plaas Oudepont buite Wellington geparkeer.

Die honde, wat gewoonlik buite is, was toevallig dié aand in die huis.
Ná die fliek, so kwart voor tien, het Pieter sy motorsleutels begin soek.

“Ek is toe uit na die motor, wat nie gesluit was nie. Toe ek so oor die stuurwiel leun om die daklig aan te skakel, toe gryp ’n man my skielik van die agtersitplek af vas,” het Pieter onthou.

“Ek het hom vorentoe geruk en hom grond toe gestoei terwyl ek vir Attie gegil het.”

Terwyl Attie die vermeende motordief vasgepen het, het Pieter die Wellingtonse polisie gebel.

“Die dief se selfoon het die heeltyd gelui, maar toe die polisie se ligte naderkom, was dit skielik stil. Ek sweer daar was nog maters in die omgewing.

“Ons het later ’n plek in ’n heining gesien waar daar beslis mense weggekruip het.”

“Die polisie was binne vyf minute hier. Al wat vinniger was, was die vier sigarette wat Pieter in daardie tyd gerook het,” spot Attie vandag.

Die aanvaller, Ayanda Duba (24) van Dontzestraat 39, New Rest, is nádat hy sy wind teruggekry het, in hegtenis geneem.

Hy het reeds op ’n aanklag van poging tot diefstal in die Wellington landdroshof verskyn.

* An alleged car thief was overpowered by rugby player brothers at Wellington.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za