Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klagtes oor aanstelling by speaker

Klagtes oor aanstelling by speaker
 
2006-08-31


ONTEVREDENHEID heers oor die aanstelling van ’n voormalige polisieman met ’n kriminele rekord, Colin Rens, in die Speaker van Drakenstein se kantoor.

Rens is in 1996 tot tronkstraf gevonnis vir die steel van twee skape by die veekrale op Gouda terwyl hy ’n polisieman op Saron was. Hy het van November 1997, toe sy appèl misluk het, nege maande tronkstraf uitgedien (die helfte van die vonnis van 18 maande is opgeskort vir vyf jaar).

Rens is later aangestel in die ANC se Advieskantoor op Tulbagh waar die publiek bygestaan is met hul probleme.

Daar is hy glo afgedank omdat raadsoekers gevra is om vir hulp te betaal en die geld na bewering in Rens se sak beland het.

Hy is verhoor deur ’n komitee met senior ANC-lid Randall van den Heever as voorsitter. Sy appèl na die CCMA was onsuksesvol.

Twee jaar gelede is hy deur die vorige Speaker in sy kantoor in Drakenstein aangestel, maar is kort daarna deur die munisipale bestuurder afgedank omdat hy sy kriminele rekord verswyg het.

Nou is Rens deur die nuwe ANC-Speaker aangestel. Daar word beweer dat sy huidige aanstelling hom “nog ’n kans gun”, en dat dit hoofsaaklik geskied het omdat hy ’n ondersteuner is van die “Skwatsha-kamp” in die ANC.

Vroeër vanjaar is Rens ná ’n botsing op Saron aangekeer vir moontlike dronkbestuur. Die aanklag is teruggetrek terwyl daar gewag word op die uitslag van die bloed-alkoholtoets.

* There is dissatisfaction following the appointment of a former policeman with a criminal record in the office of the Speaker of Drakenstein Municipality.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za