Slagoffers op paaie
2006-08-31
TWEE mense is dood en verskeie beseer in nog 地 week van slagting op die paaie.
Maandagaand is Manfred Arendse van Santa Rosastraat, Franschhoek op slag dood toe hy beheer oor sy voertuig verloor het en in 地 boom vasgery het. Die voorval het omstreeks 10:00 in gure weer plaasgevind in Groot Drakenstein, toe Arendse en Fred Fisher onderweg was na Franschhoek.Fisher is met ernstige kop- en beenbeserings na die Stellenbosch Medi-Clinic geneem.
* 地 Malawiese voetganger is Saterdagaand op die ou Paarl-pad in Suider-Paarl doodgery. Robert Paskini is op slag dood toe hy deur 地 voertuig getref is.
* Vier onderwysers van Groendal Sekond靡 het Vrydagmiddag 地 noue ontkoming gehad toe hulle van Franschhoek na die Paarl onderweg was. By die ingang na Pearl Valley gholflandgoed het 地 bakkie voor hulle ingedraai. Die twee voertuie het gebots, maar niemand is ernstig beseer nie. Sharon Wyngaardt, Sheriline Loots, Natalie Simpson en Petrusa du Plessis is erg geskok en met verskeie kneusings gelaat.
* Agt munisipale werkers is verlede Donderdagoggend lig beseer toe die munisipale voertuig waarin hulle gery het in 地 ongeluk was in Klein Drakensteinweg.
* Danusule Arnold Hlota (47) is Maandag doodgery in Drommedarisstraat, Mekweni. Insp Daniel Viljoen 084-214-8558 soek inligting.
More
News
|