Johan Rademan gesels by VLV
2005-04-28
DIE VLV se Paarl-Sirkel hou Donderdag 19 Mei hul jaarlikse byeenkoms in die saal van die NGK Wellington-Noord.
Johan Rademan, die bekende RSG-omroeper, is die spreker by die oggendtee wat om 09:00 vir 09:30 begin. Daar sal ook ’n modeparade wees.
Besoekers en gaste is welkom by die geleentheid.
Kaartjies teen R35 is beskikbaar by die tien VLV-takke in die sirkel of skakel 873-2929.
More
News
|