Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens kort Rangers in

Gardens kort Rangers in
 
2006-08-31


’n VOLGEPAKTE Gardens Park het Saterdag aanskou hoe hul geliefde Young Gardens rugbyspan vir Rangers 13-10 pak gee.

Die wedstryd was voortdurend in die weegskaal met die rustydtelling wat 13-7 in die tuisspan se guns was.

Gardens se afrigter, Godfrey Gertze, het dus ’n sug van verligting gegee toe die eindfluitjie blaas.

Sy besluit om jong, talentvolle spelers so gou moontlik wedstrydblootstelling te gee, het vrugte afgewerp.

Gardens se ligte pak voorspelers het swaar geleef in die skrums en moes telkens die bal op die agtervoet kry.

Die tuisspan het egter sy spel goed afgewissel en goeie aanvalle van die lynstane af geloods. Hier het Morty Uren ’n reuse werk verrig.

Die Paarliete se vlugvoetige agterlyn was lus om te hardloop, maar verkeerde besluite het belowende bewegings gekortwiek.

Tino Prins (heelagter) het Gardens se enigste drie gedruk. Hy slaag dan ook met ’n doelskop en twee strafdoele.

Ander uitblinkers vir die tuisspan was Justen Grain, Steffie Daniels, Tino Prins en Ralph Raffity wat as speler van die wedstryd aangewys is.

Die tweede en derde spanne het 8-3 en 13-8 gewen.
Gardens speel Saterdag in sy laaste tuiswedstryd teen Langa.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za