Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Standards wen goed, beplan groot feeswedstryde

Young Standards wen goed, beplan groot feeswedstryde
 
2006-08-31


DIE eerste span van Young Standards Rugbyklub het Saterdag ’n oortuigende 17-0 (14-0) oorwinning oor Eersterivier behaal.

Dit is Standards se sesde agtereenvolgende sege en sewende in die tweede ronde van die WP se Vierde Liga-kompetisie.

Met dié sege skuif Standards na die derde plek op die punteleer, met 57 punte, agter Richmond Rangers (61) en Kylemore (71).

Standards se drieë is deur Aldino Davids en Lee Scholtz gedruk. Enrico Davey het met twee doelskoppe en 'n strafdoel geslaag.

Die tweede span het 19-5 gewen en beklee tans die tweede posisie op die punteleer. Die derde span het ook 10-0 gewen.

Standards speel Saterdag teen Raithby Universal op die Daljosafat Stadion.

Young Standards se 115de feesjaarwedstryde word op 22 en 23 September op die Daljosafat Stadion gespeel.

Die eerste spanne speel Saterdag 23 September en die volgende klubs het aangedui dat hul gaan deelneem en is soos volg ingedeel:

Albions teen Standards, Young Peoples teen Laer Paarl, Riverstones teen Violets, Windmeul teen Allandale, (Juniors) Standards o.12 teen Allandale o.12, Standards o.14 teen Young Peoples o.14, Standards o.16 teen Voilets o.16.

Standards en Albions se tweede en derde spanne speel Vrydagaand 22 September teen mekaar en die hoofwedstryd is tussen ’n Paarl Legende-span en ’n Standards Ouer-as-40 span.

Oud-legendariese spelers van die Paarl soos Gorden Mitchell, Randy Marinus, Pompies Williams, Pieter de Villiers, Stephan Adonis, Anthony Francis, Steven Arendse, Clive Thomas, Thinus Linee, Jeff van Schoor, Edmin Lewis, Allen Alexander en Raymond Julies asook enige voormalige klubspelers word versoek om Thomas du Plessis te skakel by 083-690-9274 vir navrae.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za