Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions trek baie swaar

Albions trek baie swaar
 
2006-08-31


DIE manne van Albions Rugbyklub het Saterdag swaar geleef teen die gedugte span van Kraaifontein.

Kraaifontein het op sy tuisveld die Paarl-span 46-22 vernietig.

Dit was veral die tuisspan se swaar pak wat sake vir die Paarliete moeilik gemaak het.

Albions kon egter agterlangs saampraat, met veral senters Gamian Poggenpoel en Ashley Raubenheimer wat die oog gevang het.

Hoewel dit maar moeilik gegaan het, het Alfredo Adams (slot), Fuad February (haker), en die flanke, Hendrick Kunene en Jenovan Cornelissen, moedige spel gelewer, met veral Adams wat in die lynstane Kraaifontein heelwat hoofbrekens gegee het.

Albions het eerste bloed geruik toe Newin Dennis (regtervleuel) in die hoek gaan druk.

Kraaifontein het egter hard teruggeslaan en voor rustyd hul bonuspunt verdien.

Kunene, Albions se speler van die wedstryd, druk kort voor rustyd om die telling 29-10 te maak.

Adams en Roderick Allies se drieë in die tweede helfte het die Paarliete minstens van ’n bonuspunt voorsien.

Raubenheimer het met die laaste doelskop geslaag.

Albions II en III het 20-17 en 31-10 gedruk.

Albions speel Saterdag op Daljosafat se C-veld teen Franschhoek Rugbyklub.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za