Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tuinbouers na Kirstenbosch

Tuinbouers na Kirstenbosch
 
2006-08-31


’n UITSTAPPIE na Kirstenbosch Botaniese Tuine word vir Donderdag 14 September beplan deur Paarl Tuinbouvereniging.

Gaste sal geneem word op ’n 5km lange stap deur die natuurlike gebiede van die tuine.

Die gids, Christine Malan, sal klem lê op die bestuur en herstel van natuurlike gebiede, met spesifieke verwysing na inheemse plante in vleiareas. Sou dit reën, beplan sy ’n kweekhuistoer.

Van spesifieke belang is gemaklike klere en skoene. Daar is ’n restaurant vir verversings of middagete beskikbaar.

Die toer sal om 12:00 klaar wees, maar besoekers is welkom om op eie stoom deur die tuine te stap of middagete te geniet.

Daar word met eie vervoer of saamrygeleenthede vertrek vanaf die Protea parkeerterrein. Die koste is R40 (R45 nie-lede).

Bespreek voor Maandag 11 September by Truida Louw (872-6643 of 083-4500-968).



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za