Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vreemde tale op Wellington

Vreemde tale op Wellington
 
2005-04-28


WELLINGTON is bekend vir sy Afrikaanse skrywers van formaat, maar by PH Nortjé, Winnie Rust en Riana Scheepers bly dit nie.

Twee vroue het besluit daar moet ook Franse, Spaanse en Hebreeuse klasse aangebied word om die dorpenaars se horison te verbreed. Dis veral wynmakers wat vinnig wil Franse wynterminologie leer sodat hulle kan oor die weg kom met die Franse.

Klasse word deur Katrien Steytler teen R75 ’n les van 90 minute aangebied in die Breytenbachsentrum in Burgerstraat.

Dis gesellige klasse, met strokiesprente, bandopnames, gesels en baie pret, wat maak dat die studente basiese Frans verstaan en praat so sonder dat hulle agterkom hulle is aan die leer.
Skakel 082-335-8132 vir meer inligting.

* Die Hebreeuse klasse word aangebied deur Laura Ilan, by haar woning in Wellington.

Hebreeus is nie maklik nie, met ’n nuwe alfabet wat onder die knie gekry moet word, en dan moet daar van regs na links geskryf word.

Teen R40 ’n uur, kry haar studente ook inligting oor Joodse tradisies en gebruike.

En moenie dink dis net Hebreeus wat Laura kan aanbied nie. Haar ouers is Joods, maar sy is in Argentinië gebore voordat sy in Israel grootgeword het.

Dus, vir dié wat basiese Spaans wil leer praat, skakel haar by 072-268-0941.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za