ATKV toer na Sutherland
2006-08-31
DIE ATKV-tak Wellington toer weer op 16 en 17 September ’na die Karoo.
Daar word eers aangedoen by die geskiedkundige Matjiesfontein, waar verskeie besienswaardighede is.
By Sutherland word die sterrewag die Saterdagaand besoek en die nuwe SALT-teleskoop die Sondagoggend.
Willem Koorts, Wellington se plaaslike sterrekundige, tree op as toergids. Geleentheid word ook gegee om deur die teleskoop te kyk.
Die toerlede oornag in die hotel en gastehuis op Sutherland.
Kaartjies kos R600 per persoon, alle koste ingesluit. Volle besonderhede en bespreking by Daan Spamer, 082-872-4958.
More
News
|