Onthou saam met Marissa
2006-08-31
’n BEKENDE sangeres van die Paarl, Marissa van Zyl, bied op Saterdag 9 September ’n program, ‘Onthou jy nog?’, aan - ’n herinnering aan die grootste Afrikaanse sangers van die verlede.
Marissa het gematrikuleer by Paarl Gimnasium, waar sy sang geneem het by Maria van der Merwe.
Ná skool gaan studeer sy musiek by Maties, waar sy tans ’n finalejaarstudent is.
Sy het aan die einde van 2005 haar eerste suksesvolle solokonsert, getiteld “Somerkersfees” aangebied.
‘Onthou jy nog?’ is ’n collage van Afrikaanse musiek van die verlede. Onthou jy nog vir Gé Korsten? En Sias Reyneke? Wat van Leonore Veenemans?
Kom luister dan gerus op 9 September hoe Marissa hierdie vergete stemme weer lewend maak. En kyk na waar Afrikaanse musiek vandag staan.
Kaartjies teen R40 is beskikbaar by 083-413-0119. Bespreek vroegtydig.
More
News
|