Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier Mozart in kelder

Vier Mozart in kelder
 
2006-08-31


LENTE word Saterdag op La Motte Wynlandgoed by Franschhoek gevier met ’n klavieruitvoering om 19:00 in die ou kelder.

Die uitvoering is ’n huldeblyk aan die komponis Wolfgang Amadeus Mozart, wie se geboorte 250 jaar gelede herdenk word.

Graham Fitch, hoof van die klavierdepartement aan die Universiteit van Kaapstad, lewer ’n uitvoering van Mozart se klawerbordmusiek.

Die werke wissel van Mozart se heel eerste gepubliseerde werk, ’n kort Menuet in G Majeur, opus 1, tot sy grootskaalse Klaviersonate in B-mol Majeur, opus 333.

Graham Fitch het vanjaar nie net deelgeneem aan die Franschhoek Kamermusiekfees en die Eerste Stellenbosch Klaviersimposium nie, maar het hy ook ’n uitvoering gelewer en ’n meesterklas gelei in Adelaide, Australië.

Kaartjies, wat ’n vingerete sowel as La Motte wyne insluit, kan bespreek word by Anneke by 876-3119.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za