Boland Landbou dra seweskroon
2006-08-31
DIE o.19A rugbyspan van die Hoër Landbouskool Boland het Saterdag op Bredasdorp die Mutual en Federal Agri Sewestoernooi gewen.
Sestien spanne, waaronder die sewespanne van Oakdale, Outeniqua, Oudtshoorn, Paarl-Gim, Paul Roos Gimnasium, Strand, Paulus Joubert en New Orleans het aan die toernooi deelgeneem.
Na afloop van die uitspeelwedstryde in die vier afdelings, is die halfeindstryde beslis.
Hoërskool Oudtshoorn het na die eindstryd deurgedring nadat hulle vir Bredasdorp 29-7 geklop het.
Boland Landbou het sy plek in die finaal bespreek deur vir Strand ook met 29-7 te klop.
In die eindstryd (wat Saterdag op SABC 1 uitgesaai word) het die manne van die Agter-Paarl vir Oudtshoorn 55-14 vernietig.
Die kaptein van Boland Landbou, Marnitz Jacobs, is as die speler van die toernooi aangewys.
’n Mutual & Federal Agri Sewespan is na afloop van die toernooi gekies.
Spelers van Boland Landbou wat in die span opgesluit is, is Marnitz
More
News
|