Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die verval van die Paarl

Die verval van die Paarl
 
2006-08-31


DIE verval van ‘n munisipaliteit kan gemeet word in die hoogte van onkruid in die slote en die breedte en diepte van slaggate in voorheen bevoordeelde teerstrate!

In die vorige bestel het ingenieurs en tegniese beamptes daaglikse inspeksietogte buite hul kantore geneem, om die toestand van paaie te monitor en tekens van verweer is dadelik reggestel.

Die Paarl beleef nou ‘n cultivaria van gate wat nie maklik geklop gaan word nie - gate met finesse!

Die patetiese verskonings wat deur die Raad aangebied word en die belaglike pogings om gate in teerstrate met grond te vul, is lagwekkend!

Motoriste wat skade aan hul voertuie opdoen as gevolg van die nalatigheid van die plaaslike munisipaliteit om instandhoudingswerk te doen, kan gerus ‘n eis teen die Raad indien, want hulle moet voorsiening maak vir publieke aanspreeklikheid!

Die Drakenstein Munisipaliteit gaan nou glo 300 ekstra personeellede aanstel om dié wat reeds niks doen, of dié wat afsiek is, of dié wat Vrouedag vier, af te los en of by te staan!

Dit het nou regtig tyd geword dat die belastingbetalers van die Paarl iets doen, want ook die nuwe 4X4 roete voor die Medicross kliniek aan Patriotplein is nie vir almal se voertuie beskore nie!

Baie dankie vir die nuwe fees wat Paarl toe kom, ons hoop teen daardie tyd is al die gate gevul.

Vies belastingbetaler



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za