Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste nasionale skou vir krisante

Eerste nasionale skou vir krisante
 
2005-04-28


DIE nuutgestigde Nasionale Krisante Vereniging (NKVSA) hou Saterdag sy eerste skou in die Millenniumsaal, Pniel.

Vyf klubs sal deelneem - Pniel, Wellington, Wolseley, Ceres en Worcester.

Deure open om 09:00 vir die publiek wat dan die blomme kan besigtig.

Wat die skou so merkwaardig maak, is die feit dat die krisante-kwekers met ’n knellende droogte geteister is, wat die voeding van die blomme bemoeilik het.

Boonop is baie van die blomme wat onder moeilike omstandighede gekweek is, twee weke gelede in ’n haelstorm verwoes.

Nogtans is die organiseerders vol moed dat tussen 08:00 en 10:00 blomme ten toon gestel sal word. Om 14:00 word die skou amptelik deur die burgemeester van die Wynland Distriks Munisipaliteit, Clarence Johnson, geopen. Daardeur sal die NKVSA ook amptelik ingewy word.

Die burgemeesters van Stellenbosch en Drakenstein sal ook teenwoordig wees om ekstra luister aan die verrigtinge te verleen.
Die beoordeling van die blomme sal reeds môre geskied.

’n Spesiale paneel is saamgestel om die beoordeling te behartig, met Isaac Maurice van Wellington, Pieter Swarts van Ceres, Harry Muller van Stellenbosch en Wally Cupido van die Paarl.

Die kwekers ding onder meer mee in die nege blomme, drie van ’n soort-klas vir die brons medalje; asook vir die drie beste blomme-klas waarvoor ’n silver medalje op die spel is.

’n Groot hoogtepunt is die aankondiging van die eerste Nasionale Kampioen-krisantekweker deur die burgemeester van Stellenbosch, raadsheer Willie Ortell.
Raadsheer Ortell het ’n spesiale trofee vir die geleentheid geskenk.

Daar word met groot afwagting uitgesien na ’n nuwe variëteit wat verlede jaar uit Japan ingevoer is en nou die eerste keer geskou sal word. Die nuwe krisant is die Kinzan en is beskikbaar in vier kleure, geel, pers, pienk en wit.

Die dag se verrigtinge word afgesluit met die aankondiging van die kweker wat algeheel die meeste punte behaal het, deur die burgemeester van Drakenstein, raadsheer Herman Bailey.

’n Spesiale brosjure sal vir R10 by die skou te koop wees wat inligting sal bevat hoe om krisante te kweek, te voed en te versorg asook kleurfoto’s van die vorige jaar se klubwenners. Daar sal ook ’n volledige uiteensetting van die klassifikasie van die blomme wees.

Toegang vir die publiek is R10. Vir navrae, kontak die sekretaris by 887-0222.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za