Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié sentrum meer as kerk

Dié sentrum meer as kerk
 
2005-04-28


HIER word die gemeenskap ’n stuk waardigheid teruggegee.
Só het burgemeester Herman Bailey gesê van die Breakthru Restoration Gemeenskapsentrum op die hoek van Blossom- en Klaasenstraat, Wellington, wat onlangs amptelik ingewy is.

“Hierdie is meer as ’n kerk. Hier is mense wat die behoefte om hulle raakgesien het.

“Hier word gekyk na gemeenskapsontwikkeling, opleiding en voorbereiding van die jeug om hul plek in die gemeenskap in te neem.”

Hulde is ook gebring deur pastoor Gerald Abrahams van die Nazarene Church.

Hy het die sentrum se werk as van onskatbare waardebeskryf en gesê baie mense het beter lewens as gevolg van Breakthru.

Raadslid Titus Williams, wat een van die stigters van die sentrum is, het die totstandkoming geskets.

Hy was een van agt mans wat in April 2004 byeengekom het om te praat oor die nood in die gemeenskap.

“Ons het besluit Wellington het genoeg kerke en pastore, daarom is ons ook geregistreer nie as ’n kerk nie, maar wel as ’n Artikel 21 gemeenskapsorganisasie.”

Williams het vertel van die harde bene wat hulle gekou het om die R150 000 bymekaar te skraap wat nodig was om die saal te bekom.

Op 6 Januarie vanjaar is die eiendom amptelik in Breakthru se naam geregistreer.

Intussen was hulle reeds volstoom besig met opleiding.

Die eerste was ’n kursus van drie maande, waar 12 werklose mense as assistent-sjefs opgelei is. Die meeste van hulle is vandag in vaste werk.

Francois Davids van die munisipale verkeersafdeling het die noodsaak van bestuursopleiding met hulle bespreek en onmiddellik is daar werk van gemaak.

’n Totaal van 263 mense het ná opleiding hul leerlingrybewyse ontvang en nog 12 hul bestuurderslisensies.

Pastoor Eben Mourries het die visie en missie van die sentrum verduidelik.

“Ons glo die kerk moet ’n rol speel. Ons het te gemaksugtig geraak en ons mag nie op ons louere rus nie.

“Ons visie is ’n hulpbron- en opleidingsentrum wat die gemeenskap kan ophef en help met werkskepping deur vaardigheidsontwikkeling.”
Hierdie visie is vervat in hul doelwitte, maar hulle gaan ook verder en sluit die rehabilitasie en integrasie van oortreders in die gemeenskap in.

Hulle wil ook dien as traumasentrum vir verkragtingslagoffers, mishandelde vroue en kinders.

Daar word deurentyd gekyk na vigsberading, werkskepping en jeugontwikkeling.

Pastoor Mourries sê onder hul toekomsdrome is ’n volledige rekenaarsentrum.

Hulle wil ook as werkskeppingsagent optree.
Kontak die Breakthru sentrum by 873-6568.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za