Kunskalender
2006-09-07
Geskenke: ’n Kuns- en handwerkverkoping word weer vanjaar by 42 On Main in die Paarl gehou, en wel van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September. Van koekies en blatjang, tot kinderklere, skilderye en kunswerke uit draad is te koop. Die ure is van 10:00 tot 17:00 die Donderdag en Vrydag en Saterdag van 09:00 tot 14:00. Toegang is R15.
Afrika-aand: Miqlat hou Vrydagaand ’n fondsinsamelingsfunksie in die Strooidakkerk se kerksaal. Die Afrika-tema sal dwarsdeur die aand teenwoordig wees, met spesiale Afrika-geregte as deel van die driegang buffet-ete. Die Dream Team jeugspan sal optree met gedigte en musiek, en ’n wynveiling word ook gehou. Kaartjies (R120) sluit die ete, wyn en die aand se program in. Bespreek by Jenny by 863-4544 of 083-488-3460.
Mannekore: Drie mannekore tree Saterdag om 19:30 in die Strooidakkerksaal in die Paarl op. Die Trilaterale Konsert word uitgevoer deur die Deutscher Männerchor Boland, Maranatha Mannekoor en Worcester Mannekoor. Toegang is R35. Kontak Hans Losch (082-564-8933) of Dries Strydom (082-829-8437) vir navrae. Amanda Luyt: Luister Saterdagaand by Die Bistro, Strand Pavilion, na Amanda Luyt met haar nuwe CD, “Deel van my”. A la carte-etes vanaf 18:30. Kaartjies is R75, vertoning alleenlik. Bespreek by 854-4026.
Spice of Life: An exhibition titled “Spice of Life” is on at the art gallery at Grande Provence, Franschhoek. Artists include Anthony Harris, Betsy Nield, Evette Weyers, Hennie Meyer, Jan Vermeiren, Nicolaas Maritz and Sandra Hanekom. The exhibition runs to the end of September.
Veldblomme: Die Caledon Veldblommeskou vind van môre tot Maandag plaas. Navrae by Petro de Witt, (028) 212-1158.
Lentekuns: ’n Tentoonstelling van onlangse landskapskilderye van die Swartland en Darling heuwelsomgewing deur Nicolaas Maritz is van 14 September to 21 Oktober te sien by die Maritz Ateljeegalery, Nemesiastraat 5 op Darling. Galeryure: Dinsdae tot Sondae, slegs per afspraak by (022) 492-3343. Gesluit op Maandae. Rondleidings: Saterdag 23 September van 11:30 tot 12:30 & Saterdag 7 Oktober van 15:00 tot 16:00.
Klassiek: Met die opvoering van Rehearsing Cyrano keer Universiteit Stellenbosch dramastudente volgende naweek dié klassieke stuk op sy kop. Die Franse komedie Cyrano de Bergerac deur die Amerikaanse dramaturg Linda Eisenstein, is op Stellenbosch onder regie van Sukki Hofmeyr van 15 tot 22 September om 20:15 in die HB Thom Teater op die planke. Kaartjies is R30 (R25 studente). Vir bespreking, skakel 808-3216.
Exhibition: Hout Street Gallery in Paarl is hosting an exhibition of paintings, ceramics, sculpture and glass. Among the artists are Kevin Cupido, Hannetjie de Clercq, Ryno Swart, Conrad Thys, Tertia du Toit, Pieter van der Westhuizen, Hannes van Zyl, Selwin Pekeur, David Walters and Ralph Johnson. The exhibition closes on 30 September.
Ameen Levy: Die Rappin Donkey Roadshow is op 30 September op Klapmuts. Kaartjies by Marie, 862-1618.
Wilderers: From 1 October every first Sunday of the month (12:00 to 17:00) the Winelands Safari Dixie Band will entertain visitors at Wilderers, the award-winning distillery/restaurant in Simondium. Book at 863-3555 or info@wilderer. co.za.
Hofmeyr: Steve Hofmeyr sing op 24 Oktober om 19:30 in die Polisiekollege ouditorium in die Paarl ten bate van Laerskool Drakenstein. Kaartjies by Computicket.
More
News
|