Radio hou konserte
2006-09-07
RADIO KC bied twee musiekprogramme in die komende weke aan. Die eerste is die KC Breakthrough gospelkonsert op Saterdag 16 September.
Simon Seekoei is die hoofkunstenaar by dié konsert wat om 18:00 in die River of Joy Tabernacle kerk in New Orleans begin. Ander kunstenaars is Wilma Brooks, B-Flat, Born Again en Awesome Brothers.
Kaartjies is R20 by Radio KC of die deur.
Sondag 1 Oktober se konsert begin om 14:00 by die Frank Pietersen Musieksentrum.
Verskeie top kunstenaars tree op en toegang is R35.
More
News
|