Musiek in die voorhuis
2006-09-07
DIE Solid Brass Kwintet, bestaande uit Michael Blake en Brendan Kierman (trompette), Peter Amon (Franse horing), William Haubrich (tromboon) en Nick Green (bastromboon), tree Saterdag om 19:30 by Mooikelder herehuis buite Paarl op. Die groep is in 1986 gestig. Die lede was almal hoofspelers van die Kaapse Filharmoniese Orkes en speel op ’n gereelde basis regoor Suid-Afrika, asook internasionaal in Taiwan, Noorweë en die VSA. Hulle tree ook op televisie op en bied meestersklasse in die groot sentra aan. Die kwintet se virtuositeit en veelsydigheid maak hulle een van die mees gesogte ensembles in Suid-Afrika. Saterdag se optrede kos R50 (pensioentrekkers en studente R25). Dit sluit sop en ’n wynproe in. Daar is ook tapas en kaasborde te koop. Vir navrae en bespreking, skakel Adri by 869-8787 of 082-749-8936.
More
News
|