Idols in die Paarl
2006-09-07
‘n IDOLS-kompeteisie word van 21 tot 26 September in die Paarl by Laerskool Noord-Eind in die Paarl aangebied.
Daar gaan in drie kategorieë meegeding word, Laerskole, Hoërskole en Seniors. Uitdunne is om 14:00 op 21, 22 en 23 September vir die onderskeie kategorieë. Die finale beoordeling vind is die Maandag vanaf 12:00.
Groot kontantpryse is op die spel en daar word tans onderhandel met ‘n plaaslike klankateljee om die wenitems op te neem op CD. Die wenners sal ook die Maandagaand saam met die genooide gaskunstenaars optree.
Ná die daaglikse kompetisie gaan optredes gelewer word deur plaaslike kunstenaars wat reeds CD’s uitgereik het. Kunstenaars wat gaan deelneem, is onder andere Karin Kotze, Alana en Nicola Visser wat ook ná hul vertonings beskikbaar gaan wees vir hul aanhangers.
Toegang tot die saal is R20 (kind ers R10) tot 18:h00, waarna die toegang verhoog tot R30 (kinders R15).
Die inskrywingsfooi beloop R50 per lied en deelnemers moet hul agtergrond musiek op CD verskaf.
Die voltooide inskrywingsvorm en fooi moet by Musiklood ingehandig word.
Inskry-wings word beperk tot 50 per kategorie en inskrywings sluit op Maandag 19 September om 12:00. Deelnemers buite Drakenstein kan hul inskrywingsfooie by enige Nedbank Tak inbetaal op die rekeningnommer soos verskaf op die inskrywingsvorm en die inbetalingsbewys tesame met inskrywingsvorm faks na 807-1802. Vir navrae, kontak Nartjie by 082- 563-4920.
More
News
|