Matrieks voorberei
2006-09-07
DIE Hoërskool Gimnasium se Mathcard Sentrum bied gedurende die Septembervakansie, van 25 September tot 28 September, hul gebruiklike Lenteskool aan. Die vakke wat aangebied word vir graad 11- en 12-leerders is Wiskunde, Natuur- en Skeikunde en Rekeningkunde.
Alle leerders is baie welkom om in te skryf tot 15 September. Volle losies teen billike tariewe is beskikbaar in die koshuis van Hoërskool Gimnasium.
Belangstellendes moet asseblief vroegtydig inskryf om te verseker dat alles glad verloop.
Volledige brosjures met inskrywingvorms is beskikbaar by Hoërskool Gimnasium, De Jagers Uitrusters, Waltons, Pam Golding Eiendomme, Broadway Hardware en Wellington Toerismeburo. Vir verdere inligting skakel 872-0307 of 082-854-3611.
More
News
|