Kuns vir perde
2006-09-07
OP 20 en 21 Oktober vind daar ‘n groot familiefees ter herdenking van die trekperd plaas op Nelson’s Creek Wynlandgoed. Daar sal heelwat aktiwiteite vir kinders wees.
Om saam te val met hierdie geleentheid bied die organiseerders ook ‘n kunswedstryd aan wat oop is vir alle primêre skoolleerders. Pryse ter waarde van R5 000 kan gewen word insluitende ‘n kontantprys van R3 000 vir die wenner se skool.
Pryswenners sal aangewys word in die ouderdomsgroepe 6-8 jaar (kryt), 9-11 jaar oud (houtskool) en 11-13 jaar oud (pastel).
Die kunswerk moet ‘n ingespande donkiekarretjie uitbeeld op A3 papier en te Nelson’s Creek afgelewer word op of voor 10 Oktober.
Die wenners sal om 17:00 op 21 Oktober ter afsluiting van die feesvieringe aangewys word.
Vir meer inligting, skakel Julie van der Merwe (tel 869-8584).
More
News
|