Boland kies jong span vir landloop-SA's
2006-09-07
DIE 2006 SA Landloop Kampioenskappe vind plaas op Saterdag 9 September in Witbank, Mpumalanga.
In lyn met Boland Atletiek se strategie om die standaard van middelafstande in die Boland te verhoog, is ’n jong, talentvolle groep van 24 atlete (13 mans en 11 vroue) gekies om Boland te verteenwoordig. Die ouderdomme van die atlete wissel tussen 17 en 25 jaar.
Die atlete neem deel in verskeie kategorieë:
Senior Mans (12km): Dicardo Jacobs (Wellington AK) o.21 Mans (12km): Nathan Beukes (Maties AK), Cedric Arendse (Robertson AK), Lenton Kalase (Paarl AK), Jumat Witbooi (Bredasdorp AK).
Junior Mans (8km): Dewayne Mouries (Maties AK), Barry John Pienaar (Cloetesville SS), Henrico Rooi (Paarl AK), Heinrich Blom (Diazville SS), Azrail Scheepers (Skurweberg SS), Charlton September (Bergrivier SS), Goliath Karelse (Bredasdorp AK), Norman Smith (Wellington AK).
Senior Vroue (8km): Magrieta Smith (Ceres AK), Alette Roux (Maties AK), Eveline Julies (Maties AK), Ansie Booyens (Bredasdorp AK).
Junior Vroue (6km): Naomi Brand (Maties AK), Katrina van Rooi (Ceres SS), Fransisca Swart (Cloetesville SS), Karin Thompson (Atlantis SS), Megan Goodwin (Maties AK), Vicky vd Merwe (Maties AK), Ilse Jacobs (Wellington AK).
Die span sal gelei word deur Basil Jantjies (senior spanbestuurder, Korrektiewe Dienste AK), Etherisia Thomas (spanbestuurder Paarl AK), Althea Bekeur (spanbestuurder Wellington AK), Dirk Julies (spanbestuurder Stellenbosch AK).
Die atlete sal waardevolle ervaring opdoen in hul voorbereiding vir die Wes-Kaapse 10km Kampioenskappe wat plaasvind op 6 Oktober en die Suid-Afrikaanse 10km Kampioenskappe op 21 Oktober. Die span vir laasgenoemde twee byeenkomste word reeds Maandag aangekondig.
Vir meer inligting, skakel Richard Stander (hoof uitvoerende beampte) by 072-347-8964.
More
News
|