Ooreenkoms met produsente
2006-09-07
IN ’n eksklusiewe nuwe ooreenkoms het die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Sagtevrugtebedryf gesamentlik ’n ooreenkoms onderteken om die LNR se geteelde variëteite te kommersialiseer.
Die nuwe maatskappy, onder eienaarskap van die vyf primêre produsentegroepe in die sagtevrugtebedryf (Culdevco) het regte bekom om kultivarvariëteite eksklusief te kommersialiseer.
Die afgelope paar jaar het die LNR geweldig klem gelê op die ontwikkeling van nuwe kultivars in ’n poging om die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf kompeterend te hou in wêreldmarkte.
Om hierdie rede het navorsings-aktiwiteite van die LNR, ’n leier op die gebied van wetenskaplike en landboukundige navorsing, alle aspekte van konvensionele teling en ontwikkeling van appels, pere, pruime, perskes, nektariens, appelkose, tafeldruiwe, rosynedruiwe en onderstamme ingesluit.
Die impak van kultivarontwikkeling deur die LNR op sagtevrugte word duidelik gereflekteer in die groot volume wat beskikbaar gestel is aan die bedryf die afgelope 20 jaar, sowel as die buitelandse valuta wat verdien is deur die uitvoer van hierdie kultivars na die buiteland.
More
News
|