Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ou klavierfabriek word blyplek

Ou klavierfabriek word blyplek
 
2006-09-07


‘n LUUKSE nuwe residensiële ontwikkeling van R90 miljoen gaan eersdaags binne die fasades van die geskiedkundige Dietmann-klavierfabriek op Wellington verrys.

Die ontwikkeling, wat as die Piano Factory bekend sal staan, bestaan uit 125 eenhede wat deur Aslo Eiendomme van die Paarl ontwikkel sal word in die gebou op die ou peerseel op die hoek van Bain- en Rosestraat in Wellington.

Die bekende Dietmann-klaviere is sedert 1962 op die perseel vervaardig. Die fasade van die geboue gaan net so behou word om die historiese aanvoeling van die area te bewaar.

Die ontwikkeling sal ten volle van veiligheid voorsien word met twee ingange en ‘n ontspanningsgebied op die wal van die Spruitrivier.

Met pryse wat wissel vanaf R618 000, sal kopers ‘n keuse van eenslaapkamer-soldereenhede, tweeslaapkamer- en tweeslaapkamer-soldereenhede hę.

John Smook, bemarkingsdirekteur van Aslo Eiendomme, het gesę die ontwikkeling is reeds nog voordat daar enige publisiteit aan verleen is baie gewild by kopers wat daarvan te hore gekom het.

Die ontwikkeling is veral gemik op mense wat in die sentrale dorpsgebied naby winkels en die Wellingtonse kampus wil woon.

“Hiermee saam sal kopers wat nou in die Klavierfabriek koop die voordeel hę om eers oor agtien maande tot twee jaar aan ‘n verband te begin betaal.

Die voltooiingsdatum van die projek word op middel 2008 geraam waarna oordrag van die eiendom sal plaasvind. Daar sal na verwagting teen November vanjaar met bouwerk begin word, het Smook gesę.

Bartel Viljoen van die argitekte Albertyn Viljoen Nortjé in samewerking met Johan van Rensburg, wat vir die argitektuur van die Piano Factory verantwoordelik is, het gesę die opgeknapte fasades van die geboue sal die Nieu-Kaaps-Hollandse styl van die 1920’s laat herleef.

Vir meer inligting, kontak 072-609-2599 of Aslo Eiendomme se kantoor by 871-1626.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za