Moedeloos
2005-04-28
DIE Haven Nagskuiling in die Paarl is moedeloos, ná vier inbrake die afgelope maand.
Nic le Roux, die bestuurder, sê eers is daar vleis weggedra, toe is al hul brood gesteel en die derde keer is al die stortkoppe buit gemaak. “Maar nou was dit die laaste strooi,” sê Le Roux. Met die jongste inbraak het die inwoners se TV-stel voete gekry.
“Dit is regtig ’n groot probleem, want meeste van hulle het hul aande voor die televisie deurgebring.” Inwoners van die nagskuiling patrolleer nou self snags die perseel.
Hierdie inbraak was slegs een van ’n vlaag wat Paarl die afgelope tyd getref het.
Onder meer by Huis Vergenoegd, waar messegoed weggedra is. Die vorige naweek (10/11 April) is daar by die Paarl Rugbyklub in Markstraat ingebreek en drank, sigarette en die kasregister is gesteel.
Mense met inligting, kan insp JT Pietersen of insp Hennie Williams kontak by 807-4000.
More
News
|