Dis nie net raserig in die Paarl alleen nie
2006-09-07
EK is die afgelope ses maande woonagtig op Wellington en het al op verskeie ander plekke in die Wes-Kaap gewoon en gekuier.
Dit was egter in Wellington dat ek vir die eerste keer in die nag (letterlik en figuurlik) wakker geskud is deur motors se klankstelsels.
Aanvanklik het ek gedink dis ‘n aardbewing soos my huis se kosyne en vensterrame ratel.
Wat my verder ontstel het, is die feit dat dit 02:00 in die nag was en in die middel van die week.
Ek reken dat dit baie onveilig en ongesond is om onder sulke omstandighede te bestuur en dat dit die verkeersowerhede en polisie se plig is om sulke onverantwoordelike optrede deur middel van toepaslike wetgewing [Wet op Omgewingsbewaring (73/1998)] en dissiplinęre aksie aan bande te lę.
Dit lyk my jong mans (en selfs ouer mans met oorbelle en hangpense) is nie ingelig genoeg om die negatiewe uitwerking van hul geraas op hulle eie gesondheid en die reg van die gemeenskap tot ‘n vreedsame omgewing te begryp nie.
Luidens berigte kan die harde musiek waaraan passasiers in sommige taxis blootgestel word, binne agt sekondes doofheid veroorsaak.
Gehoorverlies is egter in die meeste gevalle progressief van aard – mense is nie altyd bewus van die aard van die skade voor dit te laat is nie.
Luister na die stilte voordat jy dalk vergeet hoe dit klink, of dit nie meer kan hoor nie.
Kevin Maart
More
News
|