Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help soek man wat my motor gestamp het

Help soek man wat my motor gestamp het
 
2006-09-07


OP Sondagoggend 27 Augustus om 11:30 het ons by die verkeerslig op die hoek van Hoofstraat en Bergrivier Boulevard Suid, Paarl, in ’n ry gestaan en wag by die rooi lig.

’n Wit Nissan 1400 bakkie met kap het met hoë spoed aangejaag gekom en my voertuig van agter getref.

Die bestuurder het uitgeklim en wou nie sy adres verstrek nie. Hy het erken dat hy sit en gesels het en nie in die pad gekyk het nie, asook dat hy nie versekering het nie.

Ek het binne tien minute ses keer vanaf my selfoon die polisie geskakel by 807-4000, maar geen antwoord gekry nie.

Toe het ek maar na die Paarl polisiestasie gery. Die bestuurder van die bakkie het geweier om saam te gaan, en ’n selfoonnommer by my gelaat. Ek het later besef dat dié nommer vals was.

By die polisiestasie het die offisier my meegedeel dat daar al baie klagtes is dat die polisietelefoon onbeantwoord gelui het. Die lyn is moontlik foutief.

Die verkeersdepartement het later vir my op navraag vasgestel dat die registrasienommer van die bakkie, CF 70549, aan ’n Willie (WG) Nortjé van Aandblomstraat, Noorder-Paarl, behoort.

Tot op hede kon ek hom nie opspoor nie. Hy het volgens bure onlangs in Aandblomstraat ingetrek. Ek het ook navraag gedoen by ’n Paarlse meubelwinkel waar hy gewerk het, maar daar het hy glo ook verdwyn.

Ek het weer die polisie geskakel om ’n kriminele klag te lê omdat die man die ongelukstoneel verlaat het nadat hy valse inligting verskaf het.

Nadat ek van kantoor na kantoor verwys is, is ek by die aanklagkantoor in kennis gestel: “Mevrou, ons kan niks vir jou doen nie. Jou versekering sal die man moet soek.”

Die skade aan my voertuig beloop R22 000 en ek het ses jaar geen eis gehad nie.

Kan enige persoon wat weet waar ek hierdie man kan opspoor, my asseblief kontak by 083-241-9713.

Belinda Steyl

The new Paarl Station Commissioner Supt Mzwandile Tiyo replies:

We wish to apologise for the inconvenience due to technical problems with our telephone system. The problem has been rectified and the public is reminded that 10111 or 08600 10111 can also be used to report crime to Paarl police station.

Contact has been made with the complainant and the situation was discussed. She was informed that the situation is of a civil nature, but no criminal charges can be laid. She is to take up the matter with her legal representatives. The Paarl SAPS welcomes complaints in order to improve our service delivery to the community.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za