Boland o.21's behaal weer goeie sege
2006-09-07
DIE afgelope naweek het die Boland o.21-rugbyspan op die Absa-stadion in Oos-Londen teen Grens gespeel.
Dit was ’n oortuigende oorwinning van 78-7 in Boland se guns. Twaalf drieë is in hierdie wedstryd deur Boland gedruk.
Monroy Liebenberg, Godwin Damon, Riedewaan de Bruyn en Christoff Janse van Rensburg het almal twee drieë gedruk.
Die wedstryd is heeltemal oorheers in die tweede helfte deur Boland en al 15 spelers het die geleentheid gekry om skouspelagtige hardlooprugby te speel.
Riedewaan de Bruyn en Godwin Damon is op die oomblik die voorste driedrukkers in die Absa o.21-kompetisie met vier drieë elk in drie wedstryde.
Otto Lück, losskakel van die Boland o.21-span, is ook die voorste puntemaker vir die Absa o.21-kompetisie.
Saterdag om 15:00 sal die Boland o.21-span teen SWD op Ceres afskop.
More
News
|