Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards gee Raithby op sy baadjie

Standards gee Raithby op sy baadjie
 
2006-09-07


IN ’n wedstryd wat lank onthou sal word, het Young Standards Saterdag die gedugte rugbyspan van Raithby Universals 27-5 (10-0) geklop.

Standards druk in die proses vyf drieë teenoor een.

Die eindtelling vlei die besoekers, aangesien die gewoonlike betroubare Rico Davey met slegs een uit sewe pogings na die pale geslaag het.

Met dié sege hou Standards sy kanse lewendig om onder die top twee in sy groep te eindig.

Standards het alle fasette van die spel oorheers, met die voorspelers wat met goeie dryfspel die fondasie vir die sege gelê het.

Standards se uitblinkers was agterlangs Owen Timmie, Elroy Arendse en die aanwins van die seisoen, Hennie Matthee, terwyl kaptein Lee Scholtz, Henley Goliath en Moses Olyn voor 'n barshou gespeel het.

Standards se drieë is deur Monreagan Jacobs, Bevan Francis, Timmie, Matthee en Juwaan Carollissen. Davey slaag met een doelskop.

Die tweede spanne speel 11-11 gelykop, terwyl Standards III 19-20 verloor.

Standards speel Saterdag in ’n derby-wedstryd teen Laer Paarl en sal alles in hul vermoë wil doen om te vergoed vir die nederlaag wat hul in die eerste ronde teen dié span gely het.

Alle oudspelers en ondersteuners van Standards word versoek om met bestuurslede in verbinding te tree rakende feeswedstryde, ’n feesdans, ens.

* Franschhoek Rugbyklub het Saterdag vir Albions in 'n slordige wedstryd, 13-7 geklop.

Albions se drie is deur die flank, Maxwell Morkel, gedruk, met Dominic Daniels (losskakel) wat met 'n doelskop slaag. Franschhoek het met twee drieë en 'n strafdoel geantwoord.

Franschhoek II en III wen 11-5 en 14-6.

Albions speel Saterdag op Daljosafat Stadion teen Peoples.

* Violets Rugbyklub het Saterdag vyf drieë gedruk in sy 32-7 sege oor Blakes van Stellenbosch.

Jeff Herklaas, Brenden Anderson, Hamley Marquard en Graham Fortuin het onder die voorspelers uitgeblink. Anderson was die man van die wedstryd.

Edward de Jager (2), Graham Fortuin, Donny Klassen en Ramon Merriman het Violets se drieë gedruk. Timmie Nolan het met twee doelskoppe en ’n strafdoel geslaag. Blakes se derde span klop Violets 17-15.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za