Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens aan wenkant

Gardens aan wenkant
 
2006-09-07


GARDENS het Saterdag vir Langa met 29-19 geklop. Die rustydtelling was 15-12 in Gardens se guns.

Gardens se agterlyn met die 18-jarige Justen van Schoor, het net te veel skietgoed vir Langa gehad. Die oorgawe en vertroue waarmee die agterlyn gespeel het, was ’n lus om te aanskou.

Alle bewegings was met spoed uitgevoer en die ervaring van die losskakel, Davey de Kock, het vir die agterlyn die nodige ruimte geskep.

Sy posisionele spel was goed en die manier hoe hy die jong spelers aangemoedig het, was uitstaande.

Drie-drukkers was Justen van Schoor (13) met een drie en Ashley Jacobs (14) met twee drieë ook speler van die wedstryd. Randall George (12) druk een drie, drie doelskoppe en ’n strafskop.

Ander uitblinkers was Marco Janjalo, David Philander en Isaac de Jager.

Gardens lê tans derde en speel Saterdag teen St Georges in die Strand - die ligavoorlopers. Die bus vertrek om 12:00.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za