Paarl Rugbyklub se o.20's op pad na beker
2006-09-07
DIE o.20-span het die afgelope twee Saterdae onderskeidelik oorwinnings behaal teen NNK en Primrose.
Die wedstryd teen NNK het Paarl o.20’s maklik met 31-10 gewen. Die wedstryd was gekenmerk deur klipharde voorspelerspel, waar Paarl die botoon gevoer het, bygestaan deur goeie afronding deur die agterlyn.
Die vyf drieë van Paarl is gedruk deur Mark Leak, Abré Jacobs, Lou Marais, Sakkie Steyn en Martin Coetzee.
Johan Lodewyk het met drie doelskoppe geslaag. Abré Jacobs was aangewys as speler van die wedstryd.
Die wedstryd teen Primrose is in die Kaap gespeel in winderige toestande, maar met goeie dryfspel aan die voorhoede, het Paarl uiteindelik 18-15 geseëvier.
Twee drieë is gedruk waarvan een deur Justin Heynes en een deur Wicol Moodie. Johan Lodewyk het met een doelskop en twee strafskoppe geslaag. Die speler van die wedstryd was Martin Coetzee.
Paarl het nog een wedstryd oor teen Helderberg tuis, wat gesamentlik met Durbanville/Bellville bo-aan die punteleer is. Enige drie van hierdie spanne kan die beker nog wen.
Die uitslag tussen Paarl vs Helderberg Saterdag en die uitslag tussen Durbanville/Bellville vs UCT volgende Saterdag, sal bepaal wie die beker inpalm hierdie jaar.
More
News
|