Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong pa beland voor trein

Jong pa beland voor trein
 
2005-04-28


'n JONG pa het Vrydagaand gesterf toe hy voor ’n trein op die Paarl spoorwegstasie beland het.

Jetro (Tokkie) Duimpies (21) van Arumstraat 15, Paarl-Oos, was Vrydag met die trein uit Klapmuts onderweg.

Hy het glo tussen twee trokke gestaan toe hy na die binnespoor gespring het, reg voor ’n aankomende trein in.Tokkie het die aand twee uur nadat hy getref is, in die Paarl Hospitaal beswyk.

“Sy hele lewe het gegaan oor sokker en rugby. Hy het as heelagter vir Violets se eerste span gespeel,” het sy pa Damon hartseer gesê.

Tokkie het aan Paulus Joubert studeer voordat hy ingenieurswerk in Klapmuts begin doen het.

Hy word oorleef deur sy twee-maande-oue babadogtertjie Jeanette en haar ma Kathleen van Wyk, sy ouers, Damon en Catherine en susters Wendy en Valencia.

Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 en die gedenkdiens om 10:00 by die Bethel Congregational Kerk.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za