Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inbrekers vat naweek af

Inbrekers vat naweek af
 
2005-04-28


INBRAAKVRY oor die naweek. Dis hoe Wellington Maandag op die misdaadopgawes van die polisie aangeteken is.

Die lede van die polisie taakspan wat hulle op die vasvat van inbrekers toespits, glimlag breed. Hulle weet, as die regte booswigte agter tralies is, sal daar nie ingebreek word nie.

Maar dit was byna nie ’n rustige naweek nie.

Woensdagoggend verlede week het twee 17-jariges ontsnap terwyl vyf jeugdiges in ’n patrollievoertuig gelaai is om na inrigtings in die Skiereiland geneem te word.

Van die vermeende inbrekers was al in die voertuig, toe twee losgeruk en uit die werf van die polisiestasie koers gekies het.

Een van die ontsnaptes is vinnig in ’n boom in Joubert- park regoor die Stadsaal opgespoor. Sy makker is kort daarna in die New Rest woongebied in hegtenis geneem.

Die huisbraaktaakspan is drie weke gelede weens ’n vlaag inbrake op die been gebring.

Binne enkele dae is 25 vermeende inbrekers, meestal jeugdiges waarvan die jongste 12 jaar oud is, in hegtenis geneem.

Van die jeugdiges is summier deur die hof vrygelaat, tot groot ontsteltenis van dié wie se wonings omgedolwe is, want die inbrake het onverpoosd voortgegaan.

Die taakspan het nie tou opgegooi nie, en weer dieselfde jeugdiges vasgevat op vars huisbraaktonele.

Intussen het die ondersoekspan beslag gelê op groot hoeveelhede selfone, CD-spelers, skootrekenaars, DVD-spelers, kombuisware en kraggereedskap.

Die mense wat na bewering wetens die buit van die kinders gekoop het, is aangekla van die ontvangs van gesteelde eiendom.

Inligting oor inbrekers kan gegee word aan konst Heinrich Pietersen by die Wellington speurtak (873-1141).

* The Wellington police are winning the fight against burglars.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za