Honger kinders gevoed
2006-09-14
David Joshua
SOWAT sestig kinders by Dalweide Primêr kry hul enigste voedsame maaltyd elke dag by die skool. Tuis is daar skaars ’n korsie brood om te eet.
“Die behoefte in ons gemeenskap raak al hoe groter. Dit bemoeilik ons opvoedingstaak, maar ons almal moet eet.
“Omtrent sestig kinders kry slegs hierdie een maaltyd vir die dag en hulle moet wag eers weer tot die volgende dag om weer dié maaltyd te ontvang,” sê Doreen Jacobs, 'n opvoeders by Dalweide Primêr.
Jacobs is die sameroeper van die nuwe voedingskema by die skool.
Dit is aanvullend tot die skool se staats-voedingskema. Met hierdie voedingskema word aan die behoeftigste kinders by die skool daagliks van een gekookte bord kos voorsien.
Dit word verskaf deur die Family Reunion Centre in Kasteelstraat wat deur Gadtika van der Watt bestuur word. Sally van Rooyen is die kok wat elke dag moet regstaan voor die potte, want die sentrum bedien ook Amstelhof Primêr wat dieselfde behoefte geïdentifiseer het.
“Kinders kan nie leer of in die klas konsentreer op ’n honger maag nie,” sê Dalweide skoolhoof Ernest Johannes.
“Daarom is die skool dankbaar teenoor die sentrum wat help om in hierdie behoefte te voorsien. Ons sien dit as deel van die opvoedingstaak en die skool se betrokkenheid met die gemeenskap,” sê hy.
Van der Watt, sentrumbestuurder, sê dat hulle onlangs by Dalweide begin het. Hulle is reeds sedert verlede jaar by Amstelhof Primêr met die voedingskema besig en hoop om dit nog verder uit te brei.
“Ons het ook sommer 70 komberse vir die kinders en tien vir die skool wat deur Lewis Stores geborg was, kom oorhandig wat ek weet baie sal help teen die winterkoue.”
Sy sê dat hulle ook kospakkies, verkry van nog ander donateurs aan mindeb evoorregte bejaardes vanaf die sentrum in Kasteelstraat versprei. Bel haar by 872-4481.
More
News
|