Skemerparty
2006-09-14
DEEL in die Cultivaria ervaring deur die elegante Garden & Home skemerkelkie op Saterdag 23 September om 18:00 by Seidelberg Wyne in Agter-Paarl by te woon, ter viering van die tydskrif se diamantverjaarsdag.
’n Diamant-kenner sal praat oor hoe om in diamante te belê.
Die redakteur, Les Abercrombie, sal meer vertel oor hoogtepunte die afgelope 60 jaar.
Die seremoniemeester is Paul Buckby van Egoli faam.
Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ’n viermaande-subskripsie vir Garden & Home, in.
Besoek www.cultivaria.com of kontak 872-9754 vir kaartjies. Drag is formeel.
More
News
|