Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veertig skrywers by fees

Veertig skrywers by fees
 
2006-09-14


VEERTIG Suid-Afrikaanse skrywers neem deel aan ’n skrywersfees tydens die Cultivariafees wat volgende Vrydag in die Paarl begin.

* MY HARTLAND/MY HEARTLAND: Skrywersprogram, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum, Hoërskool La Rochelle biblioteek, 22 tot 25 September.



* Vrydag 10:00: Plaasstories - Die melkweg het ’n ster laat val: ’n Plaasontbyt saam met Riana Scheepers en verskeie ander bekende en nuwe Bolandse skrywers tydens ’n bekendstelling van dié kortverhaalbundel.

* Vrydag 14:00: In gesprek: Kom luister na Amanda Botha in gesprek met drie inspirerende skrywers: Petra Müller Marthie Momberg en Johann Kotze.

* Vrydag 15:30: Slaan vir my ’n masker,Vader: Vroue uit verskillende agtergronde onthou hulle pa’s.

* Vrydag 17:00: Digters in aksie: Gert Vlok Nel, Gus Ferguson, Rustum Kozain, Thembelani Ngenelwa en Diana Ferrus.

* Saterdag 09:00 & 12:00: Versamel jou herinneringe: Basiese “scrap-booking” werkswinkel.

* Sondag 10:00: Ek en my kontrei: Bolandse woord- en beeldende kunstenaars kom deel hul inspirasie: Winnie Rust, Kervin Cupido, Selwyn Pekeur, Susan Botha, Leonard Koza en Johan Bakkes.

* Sondag 16:00: Geleentheid van ’n leeftyd: Elize Parker gesels met Solly Ozrovech en Nina en Johan Smit.

* Maandag 10:00: Digterlike denke: Amanda Botha in ’n nuwe program oor die kreatiewe interaksies tussen die twee digters Sheila Cussons en NP van Wyk Louw. Om 11:00 is daar ook ’n dokumentêr oor dié twee digters.

* Maandag 13:00: Kos van die kontrei: Kom sluit aan by Maureen Joubert aan tafel met Topsi Venter, Nettie Pikeur, Cass Abrahams en ander, met ’n treffer kontreikos-buffet.

* Maandag 15:00: Tradisies: Kom proe regte tradisionele trekpadkos en luister hoe Dine van Zyl potjiekos praat met Andries Krogman.

Bespreek by www.cultivaria.com, by 872-9754 of by die Paarlse stadsaal. Kaartjies ook by die Taalmuseum beskikbaar (872-3441).

NP van Wyk Louw gevier

KLIPWERK is in opdrag van die Universiteit Johannesburg vir die NP van Wyk Louw gedenklesing aangevra en ingestudeer.

Dit is op Saterdag 23 September om 16:00 in die Paarl Polisie Kollege (Boland Kelder Ouditorium) te sien.

Ter viering van NP van Wyk Louw se 100ste verjaardag word hierdie produksie aan hom as ons grootste skrywer/digter opgedra.

Die kunstenaars wat optree, is Hanlie Stapela (sopraan en gevierde operasangeres), Denver Smith (operasanger, bariton), Coert Grobbelaar (operasanger, bariton), Magda van Biljoen (gevierde televisie-persoonlikheid en sangeres), Anneke Lamont (pianis) en Heidi Edeling (musiek regisseur asook sangeres).

Kersfees DVD opgeneem

ROOI ROSE KERSKONSERT: Sondag 24 September, 17:00, Boys’ High

Woon die lewendige opname van die eerste Suid-Afrikaanse DVD by.

Verskeie van die land se bekendste kunstenaars vorm deel van dié unieke projek, saam met Rooi Rose.

Van die wêreld se mees geliefde Kersliederem, soos Paris Angelicus, Stille Nag, Little Drummer Boy, Somer Kersfees en Jerusalem, word uitgevoer.

Onder die kunstenaars is Mathys Roets, Kevin Leo, Danie Niehaus, Dozi, Chris Chameleon, Jannie Mool-man en Rina Hugo.

Hierdie is die eerse opname van ’n Suid-Afrikaanse Kersfees DVD en sal van Oktober af in alle musiekwinkels landwyd beskikbaar wees.

Moenie Theuns misloop nie

THEUNS JORDAAN: Saterdag 21:00 (Boys’ High)

Theuns Jordaan het sedert sy toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf ’n huishoudelike naam geword, met rede.

Met sy eerlike vertolking van ou Afrikaanse liedere, tesame met sy oorspronklike liedjies, het hy diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip.

Sy tydlose treffers soos Soos Bloed en Beautiful in Beaufort-Wes, is genoeg rede hoekom niemand kan bekostig om hierdie vertoning te mis nie.

Culture at Cultivaria: Concerts for everyone

SEVERAL classical concerts take place during the Cultivaria Festival.

Mozart Requiem: This concert takes place on Sunday 24 September at 19:30 in the town hall, in memory of tenor Deon van der Walt.

The Tygerberg City Choir, Canticum Novum and the University of Stellenbosch’s symphonic orchestra will perform under conductor Louis van der Wattt.

The Glenn Miller Orchestra SA: This orchestra, directed by Jonny Cooper, will perform on Friday 22 September at 21:00 (town hall).

Recognised Internationally as one of the finest copyists of the Glenn Miller sound, the Jonny Cooper Orchestra have become a household name here in South Africa as they perform to packed houses throughout the country.

Consisting of four trumpets, four trombones, five saxes, piano, double bass, drums and vocals, the orchestra replicates the 1938 civilian orchestra of Glenn Miller.

SwingTime at the Ballet: The exciting SwingTime at the Ballet will be performed on Friday 22 September at 19:00 (Boys’ High).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za