Kombuissaak steeds hangende
2006-09-14
DAAR is nog nie besluit of kombuispersoneel van Paarl Polisiekollege strafregtelik vervolg sal word nie, nadat hulle in ’n interne verhoor skuldig gepleit het op ’n klag van diefstal van kos en elkeen tot R500 gevonnis en ’n finale waarskuwing gekry het wat vir ses maande geld.
Veertien kombuiswerkers se oortredings is in Mei op videoband vasgelê nadat die kollegebestuur onraad vermoed het en versteekte kameras geïnstalleer is.
Na aanleiding van hierdie insident het die Vryheidsfront onlangs in ’n skriftelike vraag in die Parlement aan die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Charles Nqakula, gevra of dit die polisie se beleid is dat werknemers wat skuldig bevind is aan diefstal in sy diens te behou.
Nqakula het geantwoord dat dit nie polisiebeleid is nie: “Wanneer ’n werknemer skuldig bevind word aan ’n strafregtelike oortreding, sal hy/sy ontslaan word. In dié geval is die saak steeds hangende.”
* No decision has yet been taken whether kitchen staff employed at Paarl Police College are to be prosecuted for theft.
More
News
|