Drankhuis pla baie
2006-09-14
DIE polisie van Paarl-Oos sit met hul hande in hul hare oor ’n onwettige drankhuis in Beukesstraat, waar talle gevalle van geweld, rusversteuring en selfs verkragting aangemeld is.
Nadat daar twee weke gelede toegeslaan is op dié woning, het die eienaar, John Alderton, handgemeen geraak met lede van die polisie. Altesame 1205 liter drank is van die perseel verwyder.
’n Klag van publieke geweld, verset teen in hegtenisname en onwettige handel in drank is teen Alderton gelê. Hy het ’n boete van R700 betaal as skulderkenning.
Die polisie het nou, in ’n poging om die bedrywighede by Beukesstraat 62 stop te sit, ’n brief aan die Munisipaliteit gerig om die onwettige dubbelverdieping-houtstruktuur af te slaan vanwaar die drankhuis bedryf word.
Die Munisipaliteit het belowe om dringend na die situasie te kyk.
* The police have requested that the Municipality demolish a wooden structure serving as an illegal liquor store.
More
News
|