Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe wettig is jou musiek-CDs dan?

Hoe wettig is jou musiek-CDs dan?
 
2006-09-14


’n POLISIEMAN van Wellington het die afgelope week ’n bloutjie geloop met die gereg. Daar is beslag gelê op sy persoonlike rekenaar deur die waghond van die Opname Industrie van Suid-Afrika (Risa).

Hy is boonop met R6725 beboet vir die onwettige kopieering van musiek op CD’s en op sy rekenaar se hardeskyf, en al dié CD’s is verwyder.

Die polisieman het gesê dat die beampte van Risa na sy huis gekom het om ondersoek in te stel.

“Hy het vir my in kennis gestel dat niemand in besit mag wees van enige gekopieerde musiek nie.

“Ek was onder die indruk dat as jy dit vir jou private gebruik doen dat dit wettig is, omdat jy in besit van die oorsproklike CD is.”

Talle mense is egter onbewus van hoe streng Risa nou optree teen oortreders van outeursreg en op nagemaakte goedere. Die
musiekbedryf verloor miljoene rande jaarliks weens die toenemende gier van onwettige CD-kopiëring.

’n Woordvoerder van Risa se teenroof-wetstoepassingseenheid, Braam Schoeman, het gesê dat geen klankopname gekopieer mag word nie, al besit jy die oorspronklike (dit word om die omhulsels aangedui dat geen kopiëring toelaatbaar is nie).Net musiek van wettige internetwebtuistes mag op i-pod-spelers afgelaai word.

“Ons het die volste reg om die maak van skendende musiekkopieë te ondersoek en die skuldiges voor die gereg te bring.”

Oortreders kan tot R10 000 beboet word asook tronkstraf opgelê word.

* A policeman has been fined R6725 and his computer confiscated after copied CDs were found in his possession last week..



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za