Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vloektaal laat Raad se ore tuit

Vloektaal laat Raad se ore tuit
 
2006-09-14


“NOU gaan daar seker geskryf word die ANC is ’n klomp onchristelike godslasteraars.”

Só het ’n ANC-raadslid van Drakenstein onlangs probeer vis oor wat die Paarl Post gaan sę van ’n onsmaaklike voorval tydens ’n raadsvergadering.

In wat deur ’n raadslid agterna beskryf is as ’n “onverkwiklike” vergadering, het die ANC en DA in ’n debat betrokke geraak oor die afskryf van skuld en watter bydrae die prystrekking tot die vermindering in skuld het.

Raadslid JT Basson (ANC) het die saak ter tafel gelę en verslag gedoen oor die vermeende uitwerking wat die prystrekking op die skuldbalans het.

Hy het genoem dat ’n bedrag van R71,68 miljoen uitstaande vir die tydperk Julie tot Oktober 2005 afgeskryf is en twee prystrekkings (Desember en Maart) is ook gehou.

Raadslid Basson het beweer dat die Munisipaliteit reeds met sowat R3 miljoen gebaat het by die prystrekkings, omdat mense nou hul rekenings betaal.

Hy het die betalingskoers vir die afgelope agt maande voorgelę, wat wissel van 83,38% (Januarie 2006) tot 114,75% (Maart 2006).

Die DA wou hierop weet hoe daar bepaal kan word dat die prystrekkings wel verantwoordelik is vir die beter betaling.

Een woord het tot ’n ander gelei en uiteindelik het raadslede opmerkings uitgeroep en onderling aanmerkings gemaak.

Die taalgebruik van twee ANC-raadslede, Arthob Petersen en Sienah Saaiman, het raadslid Rassie van Zyl (DA) na die mikrofoon laat gryp: “As Christen voel ek dit is uiters misplaas dat die Here se naam ydelik gebruik moet word. Dit gee aanstoot en ek vra dat dit teruggetrek word.”

Verskeie raadslede het in die daaropvolgende informele debat gevra dat daar voortgegaan word met die vergadering en die hele onderonsie as “onsinnig” beskryf.

Uiteindelik het die Speaker, Sikhumbuzo Mgajo, tot ontsteltenis van ’n heelparty raadslede, beslis dat hulle moet voortgaan na die volgende punt.

Hierop het raadslid Van Zyl van hom laat hoor: “Ek maak die afleiding dat u die taalgebruik goedkeur?”

Die Speaker het hom ’n antwoord skuldig gebly en herhaal dat hulle met die volgende punt moet voortgaan.

Toe raadslid Rian Smuts (DA) vra of die Speaker nie vir raadslid Van Zyl gaan antwoord nie, is hy summier stilgemaak.

Die volgende punt op die agenda het gehandel oor beligting op private eiendom, en aan die woord was raadslid Sienah Saaiman.

Raadslid Smuts het sy kans waargeneem en weer eens sy hand opgesteek.

“Gaan u dit toelaat dat ons die Here se Naam ydelik gebruik? Is dit reg dat ons luister na iemand wat vloek?” wou hy weet.

Hierop het die Speaker dit vir oulaas beklemtoon dat dié saak nou afgehandel is en dat hy nie verdere debatvoering sal duld nie.

Ironies genoeg, het die vergadering op ’n godsdienstige noot begin.

Die Speaker was reeds by die eerste agendapunt toe raadslid Van der Berg Pienaar (ANC) wou weet of daar nie, soos gebruiklik, met gebed geopen gaan word nie.

Onder gedempte gelag het die Speaker toe die raadslid gevra om sommer die nodige te doen.

* The DA was angered when two ANC councillors committed blasphemy during an angry debate over debt.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za