Jukskei-juniors mik vir Boland-spanne
2006-09-14
JONG jukskeispelers het Saterdag die eerste kans om vir die Boland-span te kwalifiseer.
Dié eerste proewe vir beide laer- en hoërskoolspelers begin om 08:30 by die Wellington-bane.
Spelers van Wellington, Paarl, Caledon, Hermanus, Kleinmond en Worcester sal in ’n taai stryd gewikkel wees om in die Boland-span opgeneem te word.
Junior spelers wat nie by ’n skole-span betrokke is nie, maar individueel wil deelneem, kan so doen. Verdere inligting is by die onderskeie jukskeiklubs beskikbaar.
More
News
|