Nomads help junior gholfspelers
2006-09-14
OM gholf te bevorder reël die SA Gholfstigting tydens die skoolvakansies verskeie junior toernooie.
Spelers van ouderdomsgroepe o.12, o.14, o.16 en o.18 van regoor die land sal na dié toernooi genooi word.
Die streke speel op ’n gereelde grondslag teen mekaar, beide op plaaslike vlak en ook op provinsiale en nasionale vlak.
Die verskillende toernooie dien as raamwerk waarbinne ’n nasionale merietelys saamgestel word wat gebruik word om nasionale spanne te kies.
Ten einde die finansiële las van dié projek te help dra, het die Nomads besluit om op ’n baie groot skaal betrokke te raak by die uitbouing van junior gholf in SA.
Om uitvoering aan dié onderneming te gee, het die Boland Nomads ’n gholfdag by die Paarl Gholfklub gereël vir Vrydag 22 September.
Koste per speler is R250, en sluit speelfooi, verversings en baie pryse in. Die kompetisie is ’n samespel-formaat.
Navrae: www. bolandnomads.co.za of skakel, Kim (082-557-3842).
More
News
|